Tenore 101 – ’n Handleiding
Tenore beskou hulself as ’n eiesoortige spesie. Hierdie siening kom reeds van her.
Daar word gesê wanneer ’n tenoor kosmaak, is dit nie ’n geleentheid nie... nee, dit is ’n okkasie! Dit word met die nodige flair en vertoon gedoen.
Die operatenoor Coert Grobbelaar gaan sy gehoor van naderby aan hierdie "eiesoortige spesie" bekendstel.
Benewens talryke vermaaklike stories voer hy uiteraard bekende tenoorarias en ander liedere uit die standaard tenoor-repertoire uit.
Klavierbegeleiding word deur die pianis Christel Steyn behartig.
Kom geniet ’n aand met vermaak uit die "boonste gestoeltes" in die intieme, modern toegeruste LemonJack Teater.
Datum: Donderdag 21 en Saterdag 23 Julie 2011
Tyd: 20:00
Plek: LemonJack Teater - (Download Map - 102Kb)
Adres: Poole-laan 276, Raslouw AH, Centurion
Bespreek: Computicket