News & Events


<<-BACK

Skuilkrans Lentekonsert

Die NG Kerk Skuilkrans vier hulle gebruiklike Lentekonsert vanjaar op Sondag 9 Oktober. Die genooide gaskunstenaars is die ervare en skitterende soliste Michelle Veenemans (sopraan) en Dewald von Solms (tenoor) wat deur Paul Ferreira (klavier) begelei word. Verwag ’n prag-musiekprogram in die gees van die lente en ’n kerkouditorium getooi in asemrowende blommerangskikkings! Na afloop van die konsert word die blomskeppings van Karel Nel te koop aangebied. Alle fondse op hierdie dag ingewin, word ten bate van Huis Silwersig, die tehuis vir bejaardes en verswakte bejaardes, aangewend.

NG Skuilkrans
Jan Albertsstraat
Val-de-Grace, Pretoria
9 Oktober 2011 om 14:30
R70 per persoon insluitend verversings in die kerksaal na afloop van die konsert
Kerkkantoor: 012 804 7787

Home | About us | News & Events | Enquiries | Orders | Payment Options | Performers | Photo Gallery | Productions | Reservations | Venue
Links | Contact us

Copyright © Hannie Hefer Promotions. All Rights Reserved (Designed and Powered by And Then Design Studio)