Die jaarlikse musiekkonsert op Sondag 30 Augustus @ 15:00 ten bate van die SAVF - Huis Silversig, word oudergewoonte by die Val-de-Grace-kampus van die NG Kerk Skuilkrans aangebied. Rouel Beukes, die welbekende bas, tree tydens die geleentheid op. Die klassieke kitaarduo Gerrit Roos en Jonathan Moolman vul die musiekprogram aan. Die gehoor kan uitsien na ’n aangename tydjie in die geselskap van die kunstenaars. Kaartjies kos R60 per persoon en dit sluit verversings in. Donasies om uitgawes te help dek, sal verwelkom word.Gelde vir kaartjies, asook donasies, kan vooruit inbetaal word. Die verwysing is in alle gevalle: SILVERSIG. Die bankbesonderhede van die kerk sal by navraag verskaf word. Skakel enige van die onderstaande organiseerders met u navrae:
Ria Coetzee 012 804 8716
Sarel du Plessis 012 803 9243
Caro Jackson 012804 7787